Lees Richard Dawkins se Inleiding tot Die OUT Campaign hier
Voeg die "Scarlet A" by tot jou webtuiste!
For Goodness’ Sake - Lees oor en dra by tot die verligtings initiatief in Haiti
Ongelowiges het nog altyd die voortou geneem in rationele denke en as bakens van verligting, en nou kan jy jou idealisme deel deur aan te sluit by die OUT Campaign.

Daar is veel meer ongelowiges as wat meeste mense sou kon raai. KOM UIT die kas uit! Jy sal gelibereer voel, en jou voorbeeld sal ander aanmoedig om ook UIT te KOM. (Moenie iemand anders “uit” nie, wag eerder vir hulle om hulself te UIT wanneer hulle gereed is om dit te doen).

Die OUT Campaign gee vir individue die geleentheid om vir ander mense te laat weet dat hulle nie alleen is nie. Dit kan ook ‘n mooi manier wees om gesprek aan te spoor en te help om die negatiewe stereotipes van ongelowiges te vernietig. Laat die wêreld weet dat ons nie vanplan is om te verdwyn nie en dat ons nie gaan toelaat dat die wat ons wil verdoem ons in die skuwees in druk nie.

Soos meer en meer mense by die OUT Campaign aansluit, sal minder en minder mense deur godsdiens geintimideerd voel. Ons kan mense help om te verstaan dat ongelowiges in alle vorms, grotes, kleure en persoonlikhede voorkom. Ons is arbeiders en profesionele. Ons is moeders, vaders, seuns, dogters, susters, broers en grootouers. Ons is mense (ons is primate) en ons is goeie vriende en goeie burgers. Ons is goeie mense wat dit nie nodig vind om aan die bonatuurlike te glo nie.

Dit is tyd vir ons om ons stemme te laat hoor aangaande die indringing van godsdiens in ons skole en politiek. Ongelowiges asook miljoene ander mense is nou moeg daarvan om geboelie te word deur die wat hul eie godsdienstige agenda in die kele van ons kinders en ons onderskeie regerings in wil af dwing. Ons moet die bonatuurlike UIT HOU by ons morele beginsels en publieke beleid.
Dit is tyd om vorentoe te tree en…

Ons het vele opwindende aktiwiteite en planne vir die OUT Campaign, so wees op die uitkyk vir die nuutste verwikkelings.
OUT Campaign 'Scarlet Letter' T-hemde, lapel pennetjies, knope en plakkers nou beskikbaar.
On Twitter: RDFRS @RichardDawkins, OUT Campaign @OutCampaign
If you have a translation of the OUT Campaign home page or Richard Dawkins' Introduction you would like posted just send an e-mail to out@outcampaign.org
This page is also available in Arabic, Basque, Catalan, Chinese-Simplified, Chinese-Traditional, Croatian, Danish, Dutch, English, Finnish, French, German, Greek, Hebrew, Hindi, Hungarian, Italian, Japanese, Kannada, Korean, Marathi, Mongolian, Norwegian, Papiamentu, Persian(Farsi), Polish, Portuguese-Brazilian, Portuguese-European, Punjabi, Romanian, Russian, Slovak, Spanish, Swedish, Tamil, Telugu, Turkish, and Urdu





